Vir wie dit mag aangaan:
Ek het vir my ‘n Logos program in Desember 2010 gekoop by *** Boeke in Bloemfontein. Ek het die program geinstalleer op my rekenaar en dit probeer registreer. Nadat ek Logos gekontak het en die probleem aan hulle verduidelik het, het hulle aan my genoem die program is in iemand anders se naam geregistreer. Ek het Logos nou al gekontak en dit kos my nou al ‘n redelike bedrag geld aan oproepe. \\
Ek is baie ongelukkig oor die diens wat ek ontvang het van Logos. Ek gaan nie verdere oproepe maak nie en ook nie verdere inligting deurgee aan Logos nie. Teen die tyd moet hulle al my inligting he. Hulle wil ook nie he ek moet met die bestuderende direkteur praat nie.
Inligting wat ek hulle deurgegee het is my serial nommer van die produk, email adres, telefoon nommer. Die emails wat hulle teruggestuur het, wat ek moet doen om die program te laat registreer werk nie. Die laaste email wat ek ontvang het was Februarie 2011.
Indien ek nie teen die 22 Maart 2011 ‘n oplossing kry vir my probleem nie, sal ek die verbruikersraad in kennis stel van my probleem en my probleem aan die koerante verduidelik.
Die program het my R1300.00 gekos en ek het vandag weer na *** boeke in Bloemfontein gegaan met die bewys van betaling en hulle het ook aan my genoem dat hulle die probleem met
Logos sal bespreek.
Ek kon glad nie ‘n ander Logos program in Bloemfontein of in Welkom kry nie. Ek dink dit is ‘n verskriklike swak diens van Logos af.
U kan my kontak by die volgende nommer of ‘n email aan my stuur. Ek soek so gou as moontlik ‘n antwoord.
Alwyn du Plessis
Sel: 072 970 9741
Email: adupless@hotmail.com